Ingrid Jonker (1933 – 1965)

 

Vandag is die verjaarsdag van die bekende Afrikaanse digteres, Ingrid Jonker. Sy was ook bekend as die "Bitterbessie- Dagbreek-Vrou"

Vandag is die verjaarsdag van die bekende Afrikaanse digteres, Ingrid Jonker. Sy was ook bekend as die “Bitterbessie- Dagbreek-Vrou”

Sy het in julie 1965 selfmoord gepleeg deur haarsef in die see naby Seepunt te verdrink.

In haar gedig, “Ontvlugting” het sy haar eie dood voorspel:

“My lyk lê uitgespoel in wier en gras

op al die plekke waar ons eenmaal was”

Hierdie is net ‘n kort opsomming van haar lewe. Haar volledige skryersprofiel kan op Litnet se biografies aanlynensiklopedie gelees word.

Ingrid Jonker is op 19 September 1933 op Douglas in die Noord-Kaap gebore, die jongste dogter van haar ouers, Abraham Jonker en Beatrice Cilliers.

Ingrid dig al van haar vyfde, sesde jaar af vir skool- en kinderblaaie. In Herinnering se wei skryf Ingrid dat sy as agtjarige dogtertjie vir haar ouma gesê het dat sy nou haar gedigte moet begin verkoop aan tydskrifte soos Die Jongspan.

Op sestienjarige ouderdom lê Ingrid haar eerste digbundel, Na die somer­, vir publikasie voor, maar dit word afgekeur. Dit was dan ook DJ Opperman wat hierdie eerste bundel reël vir reël gekritiseer het en vir haar raad gegee het. Toe die bundel deur die uitgewers afgekeur is, was sy kommentaar: “Die digteres is besig om haar lier te stem.”

Ingrid matrikuleer in 1951 aan die Wynberg Girls’ High School in die Kaapse Skiereiland met ’n onderskeiding in Afrikaans.

In 1956 trou Ingrid met Pieter Venter, ’n verkoopsbestuurder by ’n Kaapstadse motorsaak wat safari’s reël. Pieter het ook gedig en was heelwat ouer as Ingrid.

Haar eerste digbundel, Ontvlugting, word nou gepubliseer. Die bundel is aan haar pa opgedra en nadat sy ’n eksemplaar van die bundel aan haar pa oorhandig het, was sy reaksie: “My kind, ek hoop nie dit is net ’n buiteblad nie, ek hoop daar is iets tussenin ook. Ek sal vanaand kyk hoe jy my in die skande gesteek het.” Op ’n vraag van watter gedig in die bundel sy die meeste hou, antwoord sy: “Ontvlugting”. Dit is die eerste gedig in die bundel, skryf Dot van der Merwe, en is teen die einde van 1955 geskryf.

In Desember 1957 word Ingrid en Pieter se eersteling, Simone, gebore.

In Julie 1961 word Ingrid vir die eerste keer in ’n psigiatriese inrigting opgeneem. Hier skryf sy die vers “Korreltjie sand”.

In April 1963 ontmoet Ingrid vir André P Brink die eerste keer aan huis van Jan Rabie in Groenpunt.

In Parys was daar wonderlike oomblikke, maar ook “uitbarstings van verwyte en woede”. In Spanje het dinge van kwaad na erger gegaan. Ingrid kon of wou nie verstaan wanneer André afsprake met uitgewers moes nakom nie – hy was op ’n amptelike reis wat deur Human & Rousseau geborg is. Saam het hulle besluit dat dit beter sou wees as Ingrid na Parys terugkeer. En na sy weg is, kon André sy toer deur Spanje voortsit wat later tot die reisboek Olé sou lei.

In Parys het Ingrid se gemoedstoestand sodanig versleg dat Breyten Breytenbach moes reël dat sy in Sainte-Anne, ’n inrigting daar, opgeneem word. Daarna is sy terug Kaapstad toe, waar Cope weier om iets met haar te doen te hê. Johann de Lange skryf in Beeld dat Ingrid na haar terugkeer aan ’n vriendin gesê het dat sy uitgeskryf is ná Rook en oker. “Maar,” skryf De Lange, “die gedigte wat sy geskryf het in die periode tussen haar terugkeer en haar dood ’n jaar later, is ongetwyfeld van haar beste ooit, gedigte wat getuig van ’n buitengewone aanvoeling en tegniese vaardigheid, ’n metaforiese rypheid met min gelyke in Afrikaans.”

In Desember 1964 is André en Ingrid weer saam, maar kort daarna weer uitmekaar en dit was hoe hulle verhouding verloop het totdat André in April 1965 vir Ingrid vertel het dat hy gaan skei, maar nie om met haar te trou nie. Hy het iemand anders ontmoet. Elretha Louw skryf: “Dit is 29 April 1965. In haar dagboek teken Ingrid aan: ‘Hier begin die einde,

In die laaste weke van haar lewe was Ingrid totaal afgetakel. Sy het sedert haar egskeiding enkele aborsies gehad (oor hoeveel is daar nie eenstemmigheid nie) en dit het aan haar gevat. In die laaste maande van haar lewe moes haar vriende haar ook van selfmoord red.

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *